Die metaalwerkersvakbond Numsa veroordeel ArcelorMittal vir die aflegging van sy werkers.

Volgens Numsa is die maatskappy besig om 107 werkers af te lê.

Numsa sê hy het nie saamgestem met ArcelorMittal se rasionaal vir die afleggings nie.

Die vakbond sê die maatskappy het ander opsies wat hy kan volg om die poste te red.

‘n Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die besluit om die werkers af te lê wys dat ArcelorMittal wreed en onverskillig is.

LUISTER: 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×