Die metaalwerkersvakbond Numsa, sê hy is verheug dat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, uit die politiek tree.

Volgens Numsa is Gordhan die swakste minister sedert die land se demokrasiewording. Die vakbond is van mening dat Gordhan vir die lyding van derduisende werkers verantwoordelik is.

Ook die ineenstorting van talle staatsondernemings waarby Gordhan betrokke was, word deur Numsa by die minster se voete gelê. Vakbondwoordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola sê net omdat Gordhan die politiek verlaat, beteken dit nié dat hy skielik vry van moontlike vervolging sal wees nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×