Nuwe wysigings aan die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, gee die mag terug aan skoolbeheerliggame om oor openbare skooltaalbeleid te besluit. Die bepaling van taalbeleid van die land se nagenoeg 24 000openbare skole, was een van die wyd-veroordeelde Bela-wetsontwerp se mees omstrede aspekte.

Opposisiepartye en organisasies het die klousule oor taalbeleid vurig teengestaan, met die stroop van skoolbeheerliggaam-magte as grootste bron tot kommer. Eyewitness News berig Bela-teëstanders het ook gesê die aanvanklik-voorgestelde taalbeleid kon uitgebuit word, deur enkeltaal- en moedertaalonderrigskole te teiken om van taalbeleid te verander. Die jongste Bela-wysigings sluit onder meer nou ook in dat dit teen die wet sal wees om leerlinge te verneder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×