Eskom kondig fase 6-beurtkrag aan vir die week

Nuwe hoër beurtkrag-fases wat sekere gebied tot 24-uur sonder krag kan laat, is op die horison vir Suid-Afrika. Die Nasionale Gerasionaliseerde Spesifikasies Vereniging sê dat die nuwe beurtkragstadiums vir die land gefinaliseer word. Die voorsitter van die vereniging, Vally Padayachee, sê ‘n konsensus moet bereik word voordat dit aan die energiereguleerder Nersa gestuur kan word vir wetlike mandaat. Die dokument sal in die volgende paar dae aan Nersa voorgelê word. Padayachee het beklemtoon dat die hersiene stadiums wat nou na fase 16 beurtkrag sal opgaan net vir ingeval dit nodig sal wees, gegewe die toestand van die Eskom-netwerk, maar nie ‘n aanduiding is dat die land ooit daardie vlakke van onderbrekings sal bereik nie. ‘n Totale ineenstorting van die netwerk word ook nie verwag nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×