Nuwe brandstof-pryse is bekend gemaak

Die departement van Energie het die nuwe brandstof-pryse vir September bekend gemaak.

Daar was egter ‘n heersende onsekerheid oor die brandstof-pryse weens die aanpassing van kleinhandelwinsgrense in September en die onsekerheid oor of die tydelike balansfondsheffing sou wegval.

Netwerk24 berig die balansfondsheffing val egter nie weg nie, maar word verdubbel.

Dit styg met 8,78c per liter tot 15,36c per liter, terwyl die kleinhandelwinsgrens op petrol met 5,7c per liter styg om voorsiening te maak vir die loonverhogings van vulstasie-werknemers.

Die finale prysstygings en -dalings lyk as volg: Petrol (alle grade) styg met 4c per liter, Diesel met 0,05% swael daal met 15,22c per liter, diesel met 0,005% swael daal met 14,22c per liter, Paraffien daal met 20c per liter en gas styg met 94c per kilogram.

Luister na potgooie hieronder