Nuwe Covid-19-gevalle in die jongste verslagperiode steek 10 000 verby

Die styging in Covid-19 gevalle het tot ‘n nuwe rekordhoogte opgeskiet toe meer as 10 000 nuwe gevalle in die jongste aanmeldingsiklus aangeteken is.
Volgens Mkhize is die infeksiekoers tans 21 persent, teenoor die ideaal van 10%.
Die infeksies het in al die provinsies – behalwe die Oos-Kaap – toegneem teenoor die vorige dag.
Die totale aantal nuwe infeksies wat aangemeld was is 10 016.
Dit bring die totaal op 883 687 te staan.
Die Wes-Kaap het die meeste nuwe infeksies met 3 233.
Die sterftesyfer het intussen met nog 166 gestyg tot 23 827.

Luister na potgooie hieronder