Nuwe Covid-syfers word bekend gemaak, midde hospitale wat al hoe meer onder druk begin verkeer

4 209 nuwe Covid-19 gevalle is in die afgelope 24 uur in die land aangemeld.

120 sterftes is gerapporteer.

83 485 nuwe inentings is toegedien.

Netwerk 24 berig dat die derde vlaag Covid 19-infeksies ‘n groot invloed op die Mediclinic-groep se hospitale in veral Noordwes, Gauteng en die Noord-Kaap het.

Volgens Tertia Kruger, kommunikasiebestuurder van Mediclinic, is veral die Mediclinic in Potchefstroom tans onder groot druk weens die styging van getalle die afgelope week.

Luister na potgooie hieronder