Nuwe gevalle van Covid-19 styg steeds kommerwekkend skerp

Nuwe gevalle van Covid-19 styg steeds kommerwekkend skerp.
Sedert Dinsdag se syfer van meer as vierduisend gevalle, het dié getal in die afgelope 24-uur siklus, in werklikheid meer as verdubbel.
Volgens die Departement van Gesondheid se jongste syfers is 8 0166 nuwe gevalle in die jongste periode bevestig, asook 173 sterftes.
Die Oos-Kaap het 90 sterfes aangeteken, die Vrystaat 13, Gauteng 8,
Kwa-Zulu Natal 10 en die Wes-Kaap 52 wat die totaal op 22 747 sterftes te staan bring.
Die totale bevestigde gevalle staan op 836 765 waarvan 756 671 herstel het.

Luister na potgooie hieronder