Met meer as 6 miljoen lê-henne wat reeds van kant gemaak moes word, is voëlgriep nou op nóg twee plase aangemeld; een in die Vrystaat en die ander in Noordwes.

Netwerk24 berig by monde van Abongile Balarane van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, dat die 6 miljoen-kerf in Oktober verbygesteek is.

Hy sê dit is baie slegte nuus vir verbruikers. Winkels sukkel steeds met ‘n reusetekort aan eiers, en dit kan tot 18 maande neem voordat lewering weer bestendig is.

Die prys van eiers het van September tot Oktober met bykans 28% gestyg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×