Die nuwe Grensbestuursowerheid, of GBO, het sedert die ontplooiing van sy eerste grenswagte in Oktober verlede jaar sowat 281-duisend mense voorgekeer wat Suid-Afrika onwettig wou binnekom. Die GBO-kommissaris, dr Michael Masiapato, het gister tydens ‘n mediakonferensie gesê die GBO het tydens die Paastyd meer as 3-duisend-800 onwettiges onderskep.

Die onwettige immigrante is onder meer betrap sonder die vereiste dokumente of met ongeldige paspoorte en vervalste visums. Masiapato het aan Netwerk 24 gesê agt boetes van altesaam 270-duisend-rand is aan busmaatskappye uitgereik vir die vervoer van onwettige immigrante deur toegangspunte. Tydens verskeie operasie is beslag gelê op nagemaakte sigarette ter waarde van R3,3 miljoen by die Lebombo-grens en 641 kg dagga by die Lesotho-Caledonspoort-grenspos.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×