Nuwe inligting is bekend gemaak oor die moord op ‘n inwoner van Dewetsdorp

Nuwe feite het aan die lig gekom in die moordsaak op die 64-jarige Iris Potgieter van Dewetsdorp.

Potgieter is verlede Woensdag oorval toe sy haar werker en vriend se televisiestel in die township gaan aflewer het.

Haar lyk is kort daarna in ‘n veld naby die township gevind.

3 verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van moord.

Nuwe inligting blyk dat twee van die verdagtes Potgieter se werker en sy vriend is.

Anzelle Cole, dogter van die vermoorde, het aan Netwerk 24 gesê, ‘n roudiens vir Potgieter sal op 10 September in Bloemfontein gehou word.

Luister na potgooie hieronder