Nuwe misdaadkategorie in die landbousektor verwelkom

’n Nuwe misdaadkategorie, naamlik aanrandings op plaaswerkers en plaasbewoners, is verwelkom deur landbougroepe.

Netwerk24 berig Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Agri SA se sentrum vir landelike veiligheid, sê as dit Bheki Cele, minister van polisie, se motivering is om beter statistieke van misdaad te hê, dan verwelkom hy die skepping van die nuwe kategorie.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, glo egter die nuwe kategorie is ’n poging om op eensydige wyse boere die skuld te gee vir aanrandings op plase.

In die nuwe kategorie wat voorvalle in die laaste kwartaal van die 2020/21 boekjaar aanteken is daar reeds vier gevalle van gewone aanranding aangemeld in die Vrystaat.

Luister na potgooie hieronder