Die nuwe Openbare Beskermer word eers later aangewys om by die verwyderde adv Busisiwe Mkhwebane oor te neem. Vogens Netwerk 24 het die speaker van die Nasionale Vergadering, of NV, Nosiviwe Mapisa-Nqakula en ander LP’s Donderdag besluit dat daar nie meer op 21 September oor die benoeming van adv Kholeka Gcaleka, adjunk OB, vir die amp gestem sal word nie. Die NV se sekretaris, Masibulele Xaso, het vandag die programkomitee ingelig dat die Kaapstad-stadsaal nie op daardie dag beskikbaar is om die stemmery te huisves nie. Twee-en-twintig LP’s sal ook op toesighoudende besoeke wees. Die DA se hoofsweep, Siviwe Gwarube, het saamgestem dat die stemmery vir ‘n nuwe OB ‘n fisieke sitting moet wees omdat dit ‘n spesiale meerderheid van 60% van die LP’s se stemme vereis.