Die beoogde wysigings aan die verpligte gemeenskapsdiens vir veeartsenystudente het opnuut die tekort aan veeartse in die land in die kollig geplaas.

Volgens Maroela Media het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye nuwe regulasies, wat die verpligte gemeenskapsdiens vir veeartse reguleer, in die Staatskoerant gepubliseer.

Hiervan is die belangrikste voorgestelde wysiging dat studente voortaan ook by ander instansies as staatsveeartse kan registreer om hul diensjaar te voltooi.

Studente wat by privaat instansies werk kry, moet egter deur die instansie self betaal word en sal nie deur die staat vergoed word nie. Dít, meen kenners, is problematies aangesien studente in die privaat bedryf dikwels uitgebuit word, terwyl die staat ruim salarisse betaal.

Die departement se syfers toon verder dat 100 veeartse jaarliks die land verlaat om oorsee te werk, terwyl net 140 jaarliks as veeartse kwaliseer.

error: Inhoud is beskerm !!