Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, of Saru, het Dinsdag die nuwe Springbok-truie onthul met Nike wat vir die volgende ses-jaar die truie-borg gaan wees. Die span sal reeds Saterdag in die nuwe trui teen die Wallaby’s opdraf wat geskoei is op die ou tradisies van groen en goud met ‘n omvou-kraag. Dit is egter die alternatiewe trui wat die oë gaan laat rek. Die alternatiewe trui is ‘n bont seegroen- en wit trui wat deur die Suid-Afrikaanse kultuur geïnspireer is. Die Springbokke sal volgende maand in Buenos Aires, wanneer Suid-Afrika teen die Poemas in ‘n opwarmingstoets vir die Wêreldbeker-toernooi speel, die eerste keer die alternatiewe trui dra. Ondersteuners kan van Vrydag af landwyd die ondersteunerstruie koop.
