President Cyril Ramaphosa het die President en Regters van die Spesiale Tribunaal aangestel, met die doel om openbare fondse wat deur korrupsie, bedrog en onwettige geldvloei onttrek is, terug te vorder.
’n Mediaverklaring stel dat die aanstellings gedoen is ingevolge die Wet op Spesiale Ondersoekeenhede en Spesiale Tribunale van 1996 en ná konsultasie met Hoofregter Mandisa Maya. Ramaphosa het Regter Margaret Victor as Tribunaalpresident aangestel, met ingang vanaf vandag, 1 November, vir ‘n termyn van drie jaar.
Die Spesiale Tribunaal volg ’n vinniger, meer ondersoekende regsproses as gewone siviele verrigtinge, met uitgebreide ondersoeke voor die verhoor.