Nuwe voorsitter van beheerliggaam van Grey-kollege Sekondêr bekend gemaak

Cobus Visser, besturende direkteur van die beleggingshouer-maatskappy Bremer Investments, asook voorsitter van die landbou-maatskappy Acorn Agri & Food, is as die nuwe voorsitter van die beheerliggaam van Grey Kollege Sekondêr in
Bloemfontein aangewys.

Visser vervang vir Henry Buchner, onder wie se tydperk ‘n voortdurende twis, asook hofsake, tussen die vorige beheerliggaam, en Deon Scheepers, die huidige skoolhoof voortgesleep het.

Visser beskryf homself as ‘n onafhanklike denker wat daarin glo om die regte ding te doen.

Netwerk24 beweer hy het by navraag laat blyk dat die beheerraad op hierdie stadium nog nie onderhoude oor sy beplande visie gaan toestaan nie.

Luister na potgooie hieronder