Daar word nou talle vrae gevra na die raaiselagtige dood van die 29-jarige boer van Groblersdal, Willem Kruger, wat November laasjaar verwyn het na ‘n ramparty, en toe later dood in sy bakkie in ‘n rivier gevind is.  Netwerk24 berig dat mense naby aan Willem weier om te glo dat Kruger se dood ‘n ongeluk was en glo die feite rondom sy dood word verdoesel.  Van die vrae wat ondersoekers laat kopkrap is die feit dat die sleutel van die outomatiese voertuig op die vloer van die bakkie gevind is, die handrem was ook opgetrek en die rathefboom was in “parkeer” posisie.  Die skade aan die bakkie is ook na bewering mininaal en stem nie ooreen met ‘n voertuig wat dae lank in die water gelê het nie. Nog ‘n kwessie is die feit dat die bakkie gevind is waar ervare polisieduikers ‘n paar dae vantevore daarna gesoek het.  Daar word uit sommige oorde beweer dat Kruger nie verdrink het nie.  Die uitslag van die nadoodse ondersoek word in die week verwag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×