Die nuwe wet teen haatsmisdade en haatspraak wat verlede week deur president Cyril Ramaphosa onderteken is, het uiteenlopende reaksie ontlok. Die ANC is van mening dat die wet ʼn sterk boodskap uitstuur dat rassisme, xenofobie, diskriminasie en vooroordeel nie langer in Suid-Afrika geduld sal word nie.
Die burgerorganisasie AfriForum aan die ander kant meen dat die regering se deurdruk van dié wet die deur oopmaak vir ernstige misbruik. Hulle beskryf die wet as kommerwekkend en gebrekkig. AfriForum het gewaarsku teen die skending van burgers se reg op Vryheid van spraak.