Die Wysigingswet op Elektrisiteitsregulering wat pas deur president Cyril Ramaphosa bekragtig is, ontlok uiteenlopende reaksie. Die nuwe wetgewing maak voorsiening vir ingrypende hervorming van die land se elektrisiteitsbedryf.
Daar word onder ruimte vir mededinging geskep, wat in wese ‘n einde maak aan Eskom se monopolie van meer as ‘n eeu. Terwyl die DA voel dat selfs nóg meer ruimte geskep sou kon word, is die EFF van mening dat die wet bloot ten doel het om Eskom aan die hoogste bieër te verkoop.