Die nuwe konsepregulasies oor waterregte wat op ras gegrond is, is baie kommerwekkend en kan voedselsekerheid nadelig beïnvloed. Gareth Ackerman, voorsitter van die Pick ‘n Pay-groep het tydens die maatskappy se jaarvergadering gesê daar is geen ry van swart voornemende aandeelhouers met genoeg kapitaal om dit te koop nie. Die wet kan plase verwoes of tot niet maak en die waarde van alle plase ondermyn wat ook ‘n bankkrisis kan skep, berig Netwerk 24. Ackerman het gesê hy kan nie glo in ‘n tyd van hoë voedselinflasie en werkloosheid dat die regering ‘n beleid voorstel wat produktiewe plase en ondernemings sal sluit wat voedseltekorte en hoër voedselpryse tot gevolg sal hê nie. Ackerman het gesê die Wysingingswet op Gelyke Indiensneming is ook verontrustend en dit raak moeilik om positief te bly oor Suid-Afrika se toekoms.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×