Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, sê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het nie toegang tot die rekords van die Zondo-kommissie van ondersoek nie.

Batohi het Dinsdag ‘n vergadering van die parlement se Portefeuljekomiteevergadering toegespreek. Die Departement van Justisie het bewerings ontken dat dit die NVG toegang tot die rekords van die kommissie van ondersoek na staatskaping geweier het. Batohi het egter op Dinsdag se vergadering gesê dat hulle nie die inligting het nie en steeds die saak met die departement wil oplos.

Die departement van Justisie se woordvoerder, Tsekiso Machike, sê die departement verseker alle wetstoepassingsagentskappe dat geen data verlore gegaan het of aan gepeuter is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×