Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, se dringende aansoek waarin sy ‘n bevel vra dat haar inhegtenisneming verbied word, word vanoggend in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor.
Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, Mthunzi Mhaga, het gesê die NVG sal die aansoek teenstaan aangesien hulle glo dit is ingegrond en sonder meriete. Mapisa-Nqakula gaan in haar aansoek vra dat die NVG en die polisie verbied word om haar in hegtenis te neem. Sy gaan ook die hof vra vir toegang tot alle inligting wat met die saak verband hou. Dit sluit die volledige dossier in sodat sy haar verdediging kan voorberei wat sy as ongegronde bewerings beskou.
Maroela Media berig daar word al lank bespiegel wanneer Mapisa-Nqakula in boeie geslaan gaan word nadat verdoemende bewerings van korrupsie teen haar geopper is. Sy word beskuldig dat sy R2,3 miljoen in die vorm van geskenkpakkies ontvang het van ‘n diensverskaffer van die weermag as omkoopgeld. Mapisa Nqakula was toe die minister van verdediging en militêre veterane.