Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê dit wag steeds vir toegang tot dokumente wat van die databasis van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping aangevra is. Die NVG het gister voor die parlement se Justisiekomitee verskyn om sy jaarverslag te bespreek.
Die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, sê gesprekke is steeds aan die gang vir makliker toegang tot die bewaarplek van bewyse wat tydens die staatskapingskommissie gebruik is.Verlede maand het die parlement se Justisiekomitee ingetree in pogings om die NVG se voortdurende stryd met die Departement van Justisie vir onbelemmerde toegang tot die dokumente op te los.