Dis reeds vier maande sedert die departement van hoër onderwys aangekondig het hy deregistreer vier kolleges wat deur die private onderwysverskaffer Educor besit word. Groot kommer oor die toekoms heers steeds onder personeel en studente. Blade Nzimande, voormalige minister van hoër onderwys, het in Maart gesê sy departement het die registrasie van Educor-bestuurde instellings City Varsity, Damelin, ICESA City Campus en Lyceum College gekanselleer.

Voorts het Nzimande Educor se leierskap daarvan beskuldig dat punte toegeken word, sonder dat eksamenskrifte nagesien word. Die vier kolleges, wat saam sowat 13 000 studente het, het volgens die minister disfunksioneel geword. Hy sê die instansies het byvoorbeeld die afgelope twee jaar versuim om finansiële jaarstate en belastingklaringsertifikate in te dien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×