O.J. Simpson, die eertydse Amerikaanse voetbal-superster wat vrygespreek is van die moord op sy voormalige vrou en haar vriend, is in die ouderdom van 76 oorlede.

Simpson is in 1995, tydens die sogenaamde “verhoor van die eeu”, onskuldig bevind aan die mesdood van Nicole Brown Simpson en Ronald Goldman. Hy is egter in 1997, in ‘n sivielregtelike saak, aanspreeklik bevind vir die twee se dood.

Die siviele klag is destyds deur wyle Goldman se familie aanhangig gemaak. Die hof het Simpson gelas om skadevergoeding van meer as 33 miljoen dollar te betaal. Simpson het volgehou dat hy nie skuldig aan die moorde het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×