Die Rusland/Oekraïne-oorlog is skynbaar saam met die Gasa-oorlog, boaan die agenda by vandag se beraad van die Europese-unie in Brussel.

Daar sal dan ook gekyk word na die EU se beloftes vir die lewering van nog ammunisie.

Luidens The Guardian het Duitsland se minister van buitelandse sake, Annalena Baerbock, gesê die huidige onrus in groot dele van die wêreld speel waarskynlik in die Russiese president, Vladimir Putin se hand.

Volgens haar sal Duitsland nie slegs voortgaan om Oekraïne in sy stryd teen Rusland te steun nie, maar beplan hy om sy steun aansienlik uit te brei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×