Lidlande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het die steun toegesê aan lidmaatskap vir Oekraïne. Hierbenewens onderneem Navo-lande om meer hulp aan Oekraïne te verleen in sy stryd teen Rusland. Navo sê sy onwrikbare steun aan Oekraïne is nie liefdadigheid nie, maar eerder in belang van die veiligheid en beskerming van sy 32 lidlande.

Hoewel daar nog nie op ‘n datum besluit is nie, blyk dit uit ‘n Navo-beraad in Wahington DC in die VSA, dat Oekraïne se deelwording ‘n uitgemaakte saak is.

Rusland het Oekraïne in Februarie 2022 binnegeval. Uit ‘n bevolking van 41 miljoen is ongeveer 8 miljoen Oekraïnse burgers binne sy landsgrense ontheem, en nagenoeg 9 miljoen mense het reeds uit die land gevlug. Dit is Europa se grootste vlugtelingkrisis sedert die Tweede Wêreldoorlog.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×