Oekraïne se lugverdediging en mobiele hommeltuig-jagters het gister 30 uit 31 Russiese hommeltuie in 11 streke oor die land neergeskiet. Getuies het aan Reuters vertel ‘n reeks ontploffings het deur Kijif weergalm soos wat lugverdedigingseenhede met Russiese hommeltuie geveg het. Serhi Popko, hoof van die stad se militêre administrasie, het gesê dit was die sesde lugaanval op Kijif die maand. Popko het bygevoeg daar is geen ongevalle of groot skade in Kijif aangemeld nie. Die Oekraïniese lugmag het gesê die Russiese weermag het Iran-vervaardigde hommeltuie uit drie verskillende rigtings gelanseer wat 11 verskillende streke in die middel, noorde en suide van die land geteiken het. Russiese hommeltuig-aanvalle op stede en streke raak al hoe meer gereeld. Oekraïniese amptenare het gesê Rusland teiken die land se krag-en energie-infrastruktuur voor en tydens die koue wintermaande.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×