Of jy nou 8 is of 80, die kans is uitstekend dat jy minstens één gunsteling Disney-fliek het.

Daardie tekenprent wat jou met kleur en klank wegvoer en – selfs al is dit net vir kort ‘n rukkie – van die wêreld se probleme laat vergeet.

Die internasionale Walt Disney Company vier vanjaar sy honderdste verjaarsdag.

Bob Iger, uitvoerende hoof van dié vermaaklikheidsreus, wat ook temaparke in die VSA en in Frankryk bedryf, het gesê hulle is dankbaar dat generasies mense van oor die
wêreld heen ‘n spesiale deel van Disney se geskiedenis is.

Volgens Iger is dit vir hulle ‘n groot voorreg om in der waarheid deur middel van hulle rolprente, in mense se huise ingenooi te word en om ure se prettige vermaak te kan verskaf.

Suid-Afrika se Disney100-vieringe skop in April vanjaar in Gauteng af.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×