Of Suid-Afrika se draadsittery oor Rusland se inval van Oekraïne en die regering se skouerskuurdery met die Russiese president Vladimir Putin, ‘n wig tussen hom
en die weste gaan indryf, bly ‘n ope vraag.

Suid-Afrika se ambassadeur in Oekraïne, André Groenewald, het Saterdag in ‘n eksklusiewe onderhoud aan Rosestad-nuus gesê dit is belangrik dat daar binne konteks na Suid-Afrika se reaksie op die oorlog gekyk moet word.

Hy het gesê Suid-Afrika dryf lank reeds handel met Rusland en dat ooreenkomste soos hierdie nie in ‘n kits sonder ingrypende gevolge ongedaan gemaak kan word nie.

Rakende die Suid-Afrikaanse vloot se militêre oefening saam met Rusland en China, het hy gesê hierdie oefening is reeds lank gelede bevestig.

Groenewald glo deur nie kant te kies nie, stel Suid-Afrika homself in ‘n goeie posisie om as bemiddelaar in te tree, sou daar onderhandelings oor ‘n vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne tot stand kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×