OG tevrede met die Mangaung-metro munisipaliteit

Gelukwensings is aan die Mangaung-metro in Bloemfontein oorgedra vir sy ongekwalifiseerde oudit-mening.

So berig Netwerk24.

Luidens ‘n verslag van die ouditeur-generaal oor die prestasie van die munisipaliteit, wat op Vrydag 16 April uitgereik is, is die OG tevrede met die gehalte van sowel die finansiële as die niefinansiële verslae van die munisipaliteit.

DA-raadslid en ‘n gewese finansiële hoof van die metro, Hans Britz, is van mening dat dit vreemd is dat die ouditverslag aan
die provinsie voorgelë word voordat dit aan die raad voorgelë en toegelig is.

Hy sê die DA sal kommentaar lewer sodra hy insae in die OG se verslag gehad het.

Luister na potgooie hieronder