Die Suid-Afrikaanse vroue gholfspeler, Ashleigh Buhai, het gedurende die eerste ronde van die Olimpiese toernooi die tweede beste telling aangeteken.
‘n Byna perfekte ronde van vyf voëltjies en een brouhou by die Le Golf National Woensdag sien Buhai in die tweede plek op vier houe minder as die baansyfer.
Frankryk se Celine Boutier sit wel met ‘n gemaklike voorsprong in eerste plek met ‘n telling van sewe houe minder as die baansyfer.
Volgens Buhai kon sy nie ‘n ordentlike oefenronde speel nie, want die aflewering van haar gholfsak was vertraag.