OLIMPIESE SPELE: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee het die eerste groep van 39 atlete bekend gemaak wat aan die Spele in Parys gaan deelneem.
Onder hulle is Tatjana Smith, Chad le Clos en Wayde van Niekerk. Suid-Afrika mik na deelname aan 17 van die 32 Olimpiese sportsoorte.
Die president van Saskok, Barry Hendricks, het ook die finansiële belonings aangekondig vir medaljewenners waar Goud R400 000, Silwer R200 000 en Brons medaljewenners R75000 ontvang terwyl die onderskeie afrigters R100 000 , R50 000 en R25 000 elk ryker sal wees.