Die Serwiese tennisspeler, Novak Djokovic het sy plek vasgemaak in die kwarteindronde van die Olimpiese tennistoernooi.

Djokovic het die Duitser Dominik Koepfer in skoon stelle, met 7-5 en 6-3 verslaan.

Dit maak die 24-malige Grand Slam wenner ook die oudste speler sedert 1988 om in ‘n Olimpiese kwarteindronde mee te ding in die ouderdom van 37.

Djokovic sal Donderdagaand teen die Griek, Stefanos Tsitsipas, te staan kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×