KANOVAART – Suid-Afrika se Esti Olivier sal oorgehaal wees om vir die eindronde van die snelresies in die K1 enkel- sowel as dubbelkano by die Olimpiese Spele te kwalifiseer.

Albei nommers word oor 500m beslis en Olivier sal ook in die dubbelkano saam met Tiffany Koch van Kwazulu-Natal sake uitspook vir ’n podium plek.

Olivier het die Tokio Spele weens Covid-19 misgeloop maar is vasberade om hierdiè keer met ’n medalje of twee terug te keer huistoe. Haar fokus sal nou wees om die eindronde in die A-afdeling van die enkelkano te haal waarin enigeen wat daaraan deelneem ’n medalje kan wen.

*Daar sal in altesaam 329 items in 32 sportsoorte meegeding word wanneer die Parys Spele op 26 Julie wegtrek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×