OLIMPIESE SPELE – Frankryk se hekkies atleet Sasha Zhoya gaan pronk met ’n romp by die opening seremonie van die Parys Spele.
Zhoya – wat in die 110m item gaan deelneem – het die ontwerpers gevra of hy sy broek vir ’n romp kan verruil en was dit eens dat dit die jaar 2024 is en modes nie eksklusief vir net mans of net vroue meer is nie.
*Hy het die voorbeeld van nog bekendes gevolg nadat die Hollywood akteur Brad Pitt ’n romp verkies het pleks van ’n netjiese aandpak vir ’n rooitapyt-funksie terwyl die voormalige Engelse sokkerster David Beckham ’n sarong by die 1998 Wêreldbeker-toernooi gedra het.