Die Internasionale Olimpiese Komitee het die 50-jarige Amerikaanse swemmer Gary Hall se tien medaljes wat hy gewen het in drie Spele vervang nadat die Los Angeles-veldbrande sy oorspronklike medaljes vernietig het.
Hall het diè replika medaljes van die president van die IOK Thomas Bach op ’n seremonie in Lausanne, Switserland ontvang.
Die Amerikaanse swemmer het vyf goud, drie silwer en twee bronsmedaljes op die 1996, 2000 en 2004 Spele gewen.
*Die 2028 Spele word weer in Los Angeles aangebied en vind plaas vanaf 14 tot 30 Julie.