OLIMPIESE SPELE– Vir die 1ste keer in 24 jaar  sal Jamaika in die 4-man , 2-man en dames enkel  bobslee  kompetisie verteenwoordig word by die Winter Olimpiese Spele wat op 4 Februarie in Beijing begin.

Die nasionale span het in 1988 wêreldwyd opslae gemaak met hul aanslag op Olimpiese glorie in Alberta, Kanada waar die huidige president van die Jamaika bobslee federasie – Chris Stokes – deel van diè span was en op die laaste oomblik as plaasvervanger ingesluit is.

Alhoewel Jamaika ‘n buiteperd by die Winter Spele is sal die loket-treffer van 1993  “Cool Runnings” beslis as motivering vir diè atlete dien om vanjaar goud te verower.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×