OLIMPIESE SPELE – Medaljewenners by vanjaar se Olimpiese Spele in Parys sal ook met ’n stukkie geskiedenis van die Eiffeltoring kan terugkeer huistoe.
Al 5084 medaljes – wat goud , silwer en brons insluit – sal bestaan uit seshoekige stukkies yster van 18gram met ’n edelsteen in die middel en met die yster wat van die oorspronklike Eiffeltoring van die 19de eeu af kom.
*Die openingseremonie sal vanjaar op die Seine rivier plaasvind wat deur die Franse hoofstad vloei met al die deelnemers wat op bote aan die verbyvaart sal deelneem en waar die getal toeskouers ook tot 300 000 beperk sal word.