Australië het Maandag gesê hy gooi sy multimiljarddollar-planne vir die aanbied van die Olimpiese Spele in 2032 in Brisbane ná “jare van chaos en krisisse” oor ‘n nuwe boeg.
Die nuwe plan, wat na bewering ‘n nuwe stadion met sitplek vir 60 000 toeskouers insluit, herskryf baie van die beoogde infrastruktuurskema wat twee jaar gelede aangekondig is.
Destyds het die regering planne aangekondig om die beroemde Gabba-krieketveld uit te bei en ‘n nuwe binnenshuise stadion vir die Spele te bou.
Die Australiese media berig egter nou dié planne gaan na verwagting geskrap word, en volgens The Courier Mail sal altesaam ses van die voorheen beplande 14 Spele-venues in Brisbane verander of geskrap word.
Luidens Netwerk24 sê die premier van Queensland, David Crisafulli, dit is ‘n plan wat sal seker maak hulle lewer infrastruktuur wat generasies sal hou, en ‘n wonderlike Spele aanbied wanneer die oë van die wêreld op hulle gerig is.
Die hoofstad van Queensland is in 2021 die Olimpiese Spele en Paralimpiese Spele van 2032 toegeken, wat beteken dit sal die derde keer wees wat die Spele in Australië gehou gaan word.