OLIMPIESE SPELE – Prudence Sekgodiso het Suid-Afrika se hoop lewendig gehou om vir nog ’n medalje te wen toe sy deurgedring het na die 800m eindronde wat Maandagaand om 21:47 plaasvind.

Akani Simbine het ook in ’n briljante 100m finaal net-net uitgemis op ’n medalje toe hy 4de oor die eindstreep gehardloop het. Simbine het boonop ’n nuwe nasionale rekord opgestel in ’n tyd van 9.82 sekondes.

Die Amerikaner Noah Lyles het die goud gewen gevolg deur Kishane Thompson van Jamaika met Fred Kerley van die VSA in die 3de plek.

MEDALJES:

VSA # 1 71 19 26 26
China # 2 45 19 15 11
Frankryk # 3 44 12 14 18
Suid-Afrika # 24 4 1 1 2
    TOTAAL GOUD SILWER BRONS
error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×