Tatjana Smith (neé,Schoenmaker) sê dat sy geswem het vir die mense van Suid-Afrika.

Na ‘n dramatiese en angswekkende 100 m-rugslag eindstryd het sy met 0.26 s gewen en bring sodoende Suid-Afrika se eertse goue medalje by die Parys Spele, huis toe.

LEES MEER: Tatjana Smith wen SA se eerste goud in Parys

“Ek weet God het ‘n plan vir alles. Daarom sal ek, soos in elke resies, my heel beste probeer” het die 27-jarige swemmer gesê.

DRIEKAMP: Besoedeling in Seine kniehalter driekamp

As gevolg van hoë vlakke van besoedeling in die Seinerivier is die driekamp vir mans op die Olimpiese Spele tot Woensdagoggend uitgestel. Indien die byeenkomste nie Woensdag plaasvind nie is Vrydag ‘n alternatief. Die driekamp vir vroue is ook veronderstel om Woensdag plaas te vind.

Hierdie besluit is Dinsdagoggend deur die Wêrelddriekamp Komitee asook die Olimpiese Komitee geneem. Die organiseerders se mening is dat hoë temperature in Parys die situasie in die rivier sal verbeter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×