OLIMPIESE SPELE – Suid-Afrika het sy 1ste goue medalje by die Olimpiese Spele ingepalm toe Tatjana Smith die 100m-borsslag gewen het.

Haar wentyd was 1:05.28. Diè sege sal haar selfvertroue ’n verdere hupstoot gee wanneer sy nou weer haar fokus na die 200m sal verskuif.

LUISTER: Tatjana Smith Media Konferensie Na Goue Medalje Sege 

Smith se spanmaat Pieter Coetzè was ook in die 100m-rugslag in die eindronde in aksie maar moes met die 5de plek tevrede wees.

*S.A. het ook sy 2de bronsmedalje verower toe die bergfietsryer Alan Hatherley die 3de plek verower het in Elancourt in die suidweste van Parys.

Hatherley was Suid-Afrika se enigste deelnemer en het ook die geskiedenisboeke herskryf toe hy sy land se enigste medalje ooit sover  in bergfietsry kon wen. Rudolph “Oukey” Lewis was S.A. se ander medalje-wenner in fietsry nadat hy in die 1912 Spele in Stockholm goud gewen het in die tydtoets.

Suid-Afrika se medaljes is nou: 1 Goud en 2 Brons.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×