Verskeie Olimpiese medalje wenners soos onder andere die tennisspeler Serena Williams, atleet Allyson Felix, gimnas Gabby Douglas, strand vlugbal se Kerri Walsh Jennings en ski-legende Bode Miller is op pad na die Amerikaanse Olimpiese heldesaal volgens die VSA se Olimpiese en Paralimpiese komitee.
Serena het saam met haar suster Venus drie Olimpiese dubbeltitels ingepalm en ook ’n goue medalje in die enkelspel tydens Londen 2012 gewen.
Felix spog met 11 Olimpiese medaljes oor vyf Spele waarvan sewe goud is – die meeste deur enige vroulike Amerikaanse atleet terwyl Douglas, Jennings en Miller ook verskeie Olimpiese medaljes verower het.
Die ander ingehuldigdes is Steve Cash (Sleë-Hokkie), Anita DeFrantz (Roei), Susan Hagel (Paralimpiese Boogskiet, Baan & Veld en Rolstoel Basketbal), Flo Hyman (Binnenshuise Vlugbal), Mike Krzyzewski (Afrigter: Basketbal), Phil Knight (Medestigter: Nike), Marla Runyan (Paralimpiese Baan & Veld), die 2010 Vier-man Bobsleë span en die 2004 Vroue Rolstoel Basketbal span.
Die inhuldigingseremonie vind op 12 Julie in Colorado Springs plaas.