Olly Mlamleli is glo een van sewe verdagtes wat vandag deur die Valke in hegtenis geneem is

Die voormalige burgemeester van die Mangaung-metro, Olly Mlamleli, is glo een van sewe verdagtes wat vandag deur die Valke in hegtenis geneem is.

Netwerk24 berig dat Mlamleli en ses ander deur die Valke aangekeer is vir hul rol in die beweerde korrupsie met die R255 miljoen-asbesdakkekontrak van die Vrystaatse regering.

Mlamleli is glo by haar ampswoning, wat sy geweier het om te ontruim nadat sy deur ‘n mosie van wantroue deur die Vryheidsfront Plus uitgestem is, in hegtenis geneem.

Die Valke het bevestig sewe mense word in verband met die beweerde korrupsie in hegtenis geneem.

Netwerk24 berig die sewe verskyn Vrydag in die hof in Bloemfontein op talle aanklagte van onder andere bedrog, korrupsie, geldwassery, diefstal en poging tot diefstal.

Luister na potgooie hieronder