Om hospitale, skole en selfoonnetwerke by beurtkrag uit te sluit, kan die hele kragnetwerk laat kantel en die land in totale duisternis dompel.

Die voormalige hoof van Eskom, André de Ruyter, het in sy laaste beëdigde verklaring as Eskom se hoof gewaarsku sukses met hofaansoeke om sodanige uitsonderings met betrekking tot beurtkrag te maak, fataal vir die kragnetwerk kan wees.

Die UDM en talle organisasies en ander politieke partye neem regstappe in dié verband.

De Ruyter het gesê as hierdie instansies van beurtkrag vrygeskeld word, sal dit in werklikheid beteken dat geen of bittermin beurtkrag ingestel sal kan word.

Die meeste beurtkrag-areas op die kragnetwerk sal dan nie beurtkrag mag kry nie.

Volgens De Ruyter is die kragnetwerk eenvoudig te mankoliek om dit te kan hanteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×