Dis weer nag om middernag wanneer brandstofpryse verder styg.
Suid-Afrikaners sal van middernag af dieper in hul sakke moet delf aangesien die prys van brandstof steeds opwaarts neig.
Die Departement van Minerale Bronne en Energie het gister die jongste prysverhoging aangekondig.
Petrol sal met R1,27 per liter styg en diesel met 30 sent per liter.
Dit lyk ook nie of daar binnekort enige verligting vir die verbruiker gaan wees nie.
‘n Senior ekonoom van FNB, Koketso Mano, het gesê hy voorsien dat brandstofpryse in die komende maande sal aanhou styg.