Rosestad100.6FM-nuus het vroeg vandeesmaand reeds berig dat om hospitale, skole en dies meer by beurtkrag uit te sluit, die land tot totale duisternis kan verdoem.

Die voormalige hoof van Eskom, André de Ruyter, het vroeg in Maart in sy laaste beëdigde verklaring as Eskom se hoof gewaarsku sukses met hofaansoeke om uitsonderings met beurtkrag te maak, fataal vir die kragnetwerk kan wees.

Die UDM en talle organisasies en politieke partye neem regstappe hieroor.

De Ruyter het gesê as hierdie instansies, wat nou ook die howe insluit, almal van beurtkrag vrygeskeld word, sal dit beteken dat geen of bittermin beurtkrag toegepas sal kan word.

Die meeste beurtkrag-areas op die kragnetwerk sal dan nie beurtkrag mag kry nie.

Volgens De Ruyter is die kragnetwerk eenvoudig te mankoliek om hierdie uitsonderings te kan hanteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×