Sasol het sy appèlsaak oor hoe die uitlaatgasse van sy aanleg by Secunda in Mpumalanga bereken moet word, gewen.
Dit beteken dat die maatskappy nie nodig het om sy produksie van brandstof by dié aanleg te onderbreek nie. Omgewingsaktiviste is minder opgewonde oor die besluit, en meen dat dit tot erger besoedeling kan lei.
Die aanleg in Secunda is die enkele grootste vrysteller van kweekhuisgasse in die wêreld, weens die gebruik van steenkool wat hier tot brandstof verwerk word.